JOHANNESBURG. – Die polisie het steeds nie inligting rakende die ontvoering van ’n 11-jarige meisie wat Woensdag by laerskool E.P Bauman ontvoer is nie.
Brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, sê dit is die polisie se beleid om nooit oor ontvoerings te praat as dit gebeur nie, aangesien dit moontlik die lewe van die slagoffer in groter gevaar kan stel.
Die meisie is Woensdagoogend omstreeks 07:11 deur drie of vier mans, wat glo met AK47’s gewapen was, op haar naam geroep voordat sy ontvoer is.
Die verdagtes het in ‘n wit of silwer Toyota Yaris gespring en weggejaag. Die nommerplate het later as vals voorgekom.
Steve Mabona, woordvoerder vir die Gautengse departement van onderwys, het vroeër die ontvoering aand FiND iT bevestig en sê die meisie het in die ry gestaan en wag om haar hande te saniteer toe sy ontvoer is.
LEES OOK: Meisie (11) glo buite skool in Johannesburg ontvoer



