Meisie (11) glo buite skool in Johannesburg ontvoer

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Meisie (11), wat ‘n gr. 5 leering by laerskool E.P Baumann is, is glo vanoggend omstreeks 07:11 deur drie gewapende mans ontvoer.

Steve Mabona, woordvoerder vir die Gautengse departement van onderwys, sê die verdagtes, wat in ‘n wit of silver Toyota Yaris gery het, het glo die meisie ontvoer terwyl sy by die skool in die ry gestaan het en gewag het om haar hande te saniteer.

Luidens Mabona ondersoek die polisie die saak.

*Dit is ‘n ontwikkelende storie. Hou FiND iT dop vir meer.