Verlate plekke: Kemptonpark-hospitaal

Deel hierdie storie / Share this story

Die Kemptonpark-hospitaal is gebou en amptelik in 1978 as die voormalige Transvaalse- provinsiale hospitaal geopen. Die hospitaal is in Birchleigh, Kemptonpark geleë.

In daardie stadium het die hospitaal slegs vlak 1-dienste gelewer. In die Oos-Randse woonbuurt Kemptonpark is die hospitaal (later verander na die Kyalami-hospitaal) eens beskou as “een van die beste mediese fasiliteite in die land.”

Om onbekende redes het die hospitaal bloot sy deure op die dag ná Kersfees in 1996 gesluit. Deesdae het dit egter meer as net ’n leegstaande en vervalle gebou geword. “Spookjagters” en opstandige tieners besoek dikwels die perseel gedurende die donkerste ure van die nag op soek na die paranormale.

LEES OOK: Meisie (11) glo buite skool in Johannesburg ontvoer