Die presidensie het in ‘n verklaring bevestig dat president Cyril Ramaphosa verklaar het dat die nasionale vlag halfstok sal hang as ‘n teken van respek vir wyle oud-adjunk-president FW de Klerk.
De Klerk (85) is op Donderdag 11 November 2021 na ’n langdurige siekte oorlede.
Verassing en begrafnis
Die FW de Klerk-stigting het aangekondig dat die verassing en begrafnis van De Klerk op Sondag 21 November 2021 in ‘n privaat seremonie vir familielede sal plaasvind.
President Ramaphosa het opdrag gegee dat die nasionale vlag halfstok gehys moet word vanaf sononder op Woensdag 17 November tot Sondagaand 21 November.
Staatsgedenkdiens
Die regering sal op ‘n toekomstige datum ‘n staatsgedenkdiens, ter nagedagtenis van die voormalige adjunk-president, hou.



