Koningin Elizabeth beseer rug

Deel hierdie storie / Share this story

Koningin Elizabeth (95) het nie Sondag Brittanje se Wapenstilstand-viering bygewoon nie nadat sy haar rug beseer het. In ’n verklaring wat Sondag deur Buckingham-paleis uitgereik is, is daar verseker die koningin se gesondheid is niks om oor bekommerd te wees nie.

Dit sou die koningin se eerste openbare verskyning in meer as drie weke wees, nadat sy vlugtig in die hospitaal opgeneem is. Die rede vir haar opname in die hospitaal is nie bekend nie en was glo net as ’n voorsorgmaatreël.

“Die koningin was teleurgesteld om die diens te mis – een van haar belangrikste jaarlikse verbintenisse,” lui die verklaring.

Die koningin, wat in die Tweede Wêreldoorlog as ’n weermagbestuurder en werktuigkundige gedien het, heg groot belang aan Remembrance Sunday, ’n plegtige seremonie om die opofferings wat deur gevalle dienspligtiges en -vroue gemaak is, te onthou. Die nasionale diens word tradisioneel gekenmerk deur die dra van papawers en twee minute se stilte.

Dit word voorafgegaan deur Herinnering of Wapenstilstandsdag op 11 November, wat die einde van die Eerste Wêreldoorlog aandui.

LEES OOK: Stert van pasgebore baba verwyder

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.