Klein Teagen van Wyk (5) kry sy “engelvlerke”

Deel hierdie storie / Share this story

“Dis met swaar harte dat ons julle moet inlig dat ons klein Superman vanmiddag om 12:20 sy mantel opgehang en sy vlerke gekry het.”

Teagen van Wyk, wat in 2018 met kanker gediagnoseer is en intussen ‘n baie moeilike stryd saam met sy ouers moes stry, is vanmiddag oorlede.

Sy ma, Maggie, het doe nuus op Facebook gedeel.

“Ons kon die Here se teenwoordigheid in die vertrek aanvoel soos wat hy gesterf het.”

Lees die vorige berig hier.