Meisie ontsnap gesinsgeweld, word doodgery

Deel hierdie storie / Share this story

FRESNO COUNTY, Kalifornië  – ‘n Jong meisie is ná 22:00 hier dood nadat sy Vrydagaand uit haar ma se voertuig gespring het en deur ‘n motor getref is.

Volgens Channel 8 News het Maria Ortiz (8) se ma, en ook die bestuurder van die voertuig, ’n slagoffer van gesinsgeweld geword. “Sy het op die skouer van die pad afgetrek en Ortiz het uitgeklim. Die man in die passasiersitplek is as die 51-jarige Juan Del Toro geïdentifiseer.”

Slegte weerstoestande

“Weerstoestande was nie goed nie, met digte mis wat die area bedek het, was dit moeilik vir Ortiz om te sien dat sy in die middel van die pad loop,” word berig.

“Die toestande op die pad het dit selfs moeiliker gemaak vir die 82-jarige bestuurder van die voertuig om haar te sien en om die impak onmoontlik om te vermy.

Aangekla

“Owerhede sê Ortiz se ma is vir bestuur onder die invloed aangekla. Die bestuurder wat die jong meisie getref het, het op die toneel stilgehou en werk met die owerhede saam.

Del Torro is in die Fresno County-gevangenis ingeboek op ‘n aanklag van aanranding.”