Springbok-kaptein Siya Kolisi is op kamera vasgevang toe hy na Saterdag se wedstryd teen Skotland ‘n ondersteuner se Faf-broekie geteken het.
In die video spring Kolisi oor die advertensieborde tot by die ondersteuner en teken hy vinnig sy broek voor hy weer terug oorspring.
Die Suid-Afrikaanse vlag-onderbroekies het bekendheid verwerf sedert Faf de Klerk in 2019 een van hulle gedra het.



