December 7, 2021

Inperking vir ongeënte mense in Oostenryk

Mandatory vaccines for government workers being considered in SA

Oostenrykers sal vanaf Maandag ingeperk word as hulle nie in geënt is nie.

Die BBC berig rekordgetalle van infeksies van Covid-19 is regoor die land aangemeld.

Bo-Oostenryk sal van Maandag af beperkings instel as dit die goedkeuring van die federale regering kry. Salzburg beplan ook nuwe maatreëls.

Kanselier Alexander Schallenberg het gesê ‘n nasionale inperking vir ongeënte inwoners is “waarskynlik onvermydelik”.

Twee-derdes van mense moenie ly omdat ander huiwerig was nie, het hy gesê.

Bo-Oostenryk, wat aan Duitsland en die Tsjeggiese Republiek grens en ‘n bevolking van 1,5 miljoen het, het die land se hoogste vlak van infeksies en die laagste inentingsyfer.

Nasionaal is ‘n rekord van 11,975 Covid-19-infeksies die afgelope 24 uur aangeteken en Oostenryk se koronaviruskommissie het gewaarsku teen ‘n bedreiging wat “ernstig opgeneem moet word”.

Lees meer hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *