Vrou ontvoer glo pasgeborene

Deel hierdie storie / Share this story

EMBALENHLE. – ’n Vrou (38) is Woensdag in hegtenis geneem nadat sy glo ’n pasgebore baba ontvoer het.

Na bewering het die verdagte haarself by ’n taxistaanplek as ’n maatskaplike werker wat jong ma’s help, voorgedoen. Sy het glo die jong ma gestuur om kos te koop terwyl sy aangebied het om die baba vas te hou. Toe die ma terugkeer, was die verdagte en haar baba weg.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting ontvang wat hulle na ’n huis in Embalenhle gelei het. Die ontvoerde baba sowel as die verdagte is binne die huis gevind en die verdagte is in hegtenis geneem.

LEES OOK: Stert van pasgebore baba verwyder