Oscar skryf ontstellende brief aan Reeva se ouers

Deel hierdie storie / Share this story

Oscar Pistorius, wat tans 15 jaar tronkstraf uitdien ná hy sy meisie, Reeva Steenkamp, op 14 Februarie 2013 deur sy badkamerdeur doodgeskiet het, het ‘n onstellende brief aan Steenkamp se ouers geskryf.

Pistorius is sedert Julie al in aanmerking vir parool.

Pistorius het, as deel van die Suid-Afrikaanse proses vir parool die brief aan Reeva se ouers gestuur as ‘n manier om verantwoordelikheid te aanvaar vir sy dade.

Tania Koen, Reeva se ouers se prokureur, het in ‘n onderhoud gesê sy kan nie die inhoud van die brief bekendmaak nie, maar dat hulle baie ontsteld was om dit te kry.

Koen het ook bygevoeg dat Reeva se ouers ontsteld is oor Pistorius nou reeds in aanmerking kom vir parool, aangesien hy aanvanklik volgens hulle in die gevangenis sou bly tot Maart 2023.

Bron: Daily Mail