Donald Trump gooi seun per ongeluk met bal teen kop

Deel hierdie storie / Share this story

Die voormalige president van Amerika, Donald Trump, het verlede Saterdag per ongeluk ‘n seun met ‘n bofbal teen die kop gegooi.

Die voormalige president het saam met sy vrou, Melania Trump, in ‘n opelugsuite by die Atlanta Braves en Houston Astros-wedstryd by Truist Park in Atlanta, Georgia gesit toe die voorval plaasgevind het.

In ‘n video wat deur @loupastore27 op TikTok gedeel is, kan ‘n mens sien hoe ‘n jong aanhanger sy bofbal na die voormalige president gooi in die hoop dat hy dit miskien sal teken..

Trump vang dan die bal en vra iemand langs hom vir ‘n pen. Ná hy die bal geteken het, probeer hy dit na die seun teruggooi, maar op die video tref die bal die seun se kop.

Die seun is nie beseer nie.

Kyk hier na die video.