Arlington-renbaan, ’n perdewedrenbaan in Gqeberha, staan al sedert 2013 verlate. Die stuk grond, wat ’n pawiljoen, perdestalle, kampe, kantoor en personeelverblyfgeboue bevat, is in April vanjaar vir R25,7 miljoen verkoop en word nou in ‘n residensiële landgoed ontwikkel.
Geleë tussen Walmer Heights en Milkwood Estate, sowat 7,7 km vanaf Chief Dawid Stuurman- internasionale lughawe, het Arlington-renbaan duisende perdewedrenne aangebied nadat dit in 1950 gebou is.
Belangstelling het egter in die vroeë 2000’s in die renbaan begin afneem nadat ’n beter toegerusde renbaan met ’n stalkompleks slegs 30 km van Arlington af opgerig is. Die laaste perdewedren het in 2013 by Arlington plaasgevind.
Die plek is sedertdien verlate. ‘n Regstryd met die verkoop daarvan het vir jare voortgeduur.
Die span van Forgotten in Africa sê dit was ‘n verstommende plek om te verken. Forgotten in Africa is n span wat verlate plekke in Afrika besoek en verken. Hulle bevindings word dan op hulle Facebook-blad gepubliseer.
Kyk hier na hoe dit tans by die verlate renbaan lyk:






Alle foto’s is deur deur Forgotten in Africa geneem.
LEES OOK: Liggaam van 10-jarige onder bed gevind
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



