BLOEMFONTEIN. – ‘n Gr. 3-leerling van die Bloemfontein Oos-skool is deur weerlig doodgeslaan.
Die Vrystaatse departement van onderwys het ‘n verklaring uitgereik wat die meisie se dood bekendmaak.
“Die Vrystaatse departement van onderwys is hartseer oor die ontydige dood van ‘n gr. 3-leerling van Bloemfontein Oos wat vandag dood is toe sy deur weerlig geslaan is.”
Die meisie was glo saam met haar mede-leerlinge op pad huis toe na skool toe ‘n weerligstraal haar getref het.
Die voorval het naby haar huis in die Khayelitsha-area gebeur.
Die departement sê die skool en die meisie se ouers sal psigososiale ondersteuning ontvang.
“Ons betoon medelye aan die familie, vriende, mede-leerlinge en onderwysers van die meisie.”



