KIMBERLEY. – ’n Seun se hart is baie seer nadat sy fiets gistermiddag uit ’n erf in Herlear gesteel is.
Mariaan Thomas sê haar seun se groen fiets is gister uit hulle erf in Herculesstraat gesteel. Hulle het Sondagmiddag ’n bietjie gaan skuinslê en toe hulle later die middag opstaan, was die fiets weg.
Indien jy dalk die fiets op die foto gesien het, kontak asseblief vir Mariaan by 060 669 2852.



