Die Noord-Kaapse departement van landbou en omgewingsake het die week bevestig ’n bruinsprinkaanplaag het in dele van die Noord-Kaap uitgebreek.
Zandisile Luphahla, woordvoerder vir dié departement, sê meer uitbrake word na die goeie reën verwag.
Sprinkaanswerms verwoes oeste en veroorsaak groot landbouskade. Sprinkane kom in baie dele van die wêreld voor, maar vandag is sprinkane die vernietigendste in bestaansboerderystreke van Afrika.
Paul van Niekerk, wyksraadslid van die VF Plus in Hopetown, sê die plaag het nog nie Hopetown en die omgewing bereik nie.
“Die plaag is nou van Upington tot by Merydale. Ons het eers later die jaar reën gekry, so ons verwag dat die plaag na die einde van die week se kant toe hierdie omgewing sal bereik. Dit neem gewoonlik 10 tot 12 dae na die eerste goeie reën voor die sprinkane uitkom.”
Van Niekerk sê ook boere in die area is gereed vir die plaag en het ’n aksieplan in plek. Die departement van landbou het hulle toegerus met die regte toerusting en verskaf ook gif.
LEES OOK: Drie mans dood in skietvoorval
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



