Drie mans dood in skietvoorval

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Drie mans is dood nadat onbekende verdagtes hulle genader en op hulle begin skiet het.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê volgens verslae gelewer, was die drie mans Vrydagoggend op die hoek van Sandelhout- en Delft Mainstraat toe onbekende verdagtes verskyn en verskeie skote afgevuur het.

Twee persone wat skietwonde opgedoen het, het in die straat gesterf toe hulle vir die gewapende mans gevlug het en die derde een wat in die voertuig was, het ook beswyk nadat hy in die kop geskiet is.

Die name van die oorledenes wat vermoedelik van Crossroads afkomstig is, sal bekend gemaak word sodra hul naasbestaandes in kennis gestel is. Die geskatte ouderdomme van die slagoffers is tussen 30 en 44 jaar.

Die motief vir die skietvoorval moet nog vasgestel word, aangesien die ondersoek voortduur.

Enigiemand met inligting oor die voorval wat die polisieondersoek kan help, word versoek om die polisie by 08600 10111 te kontak.

LEES OOK: Man brand dood in buitegebou