Beleggers in Kuruman, Noord-Kaap, wat in die Value Fix-maatskappy belê het, is na bewering uit hulle geld geswendel.
Nomthandazo Mnisi, woordvoerder vir die Valke, sê Siphephelo Hopeful Zondi is Woensdag by die Pinetown-landdroshof op aanklag van bedrog van R3 miljoen in hegtenis geneem. Zondi was reeds by die hof, waar hy vir ‘n onverwante strafsaak verskyn het.
“Daar word beweer dat drie verdagtes tussen 2019 en 2020 gemeenskapslede in Kuruman gelok het om geld in hul maatskappy genaamd Value Fix te belê en is belowe dat hul beleggings ’n 100% rente-opbrengs sou oplewer. Sommige beleggers is ‘n deel van hul beleggings betaal en is aangemoedig om hul winste te herbelê. Die maatskappy het later hervestig sonder om die beleggers in te lig. Gevolglik kon die beleggers nie hul dividende kry soos belowe nie,” sê Mnisi.
Zondi sal weer op 8 November in die Kuruman-landdroshof verskyn. Hy bly in aanhouding. Nog arrestasies mag volg.
N



