Bloem-stadsaal aan publiek bekendgestel

Deel hierdie storie / Share this story

Die herstelprojek aan die Bloemfontein-stadsaal is vanjaar uiteindelik voltooi ná die stadsaal in 2017 afgebrand het.

Die stadsaal is dié week aan die publiek onthul en verskeie gaste het die opening bygewoon.

Kyk hier na ‘n paar foto’s van die nuwe Bloemfontein-stadsaal met nuwe galerysitplekke, ‘n klanksisteem, lugreëling en ook ‘n nuwe verhoog wat aangepas is om mense met gestremdhede te akkommodeer.