Hanru Posthumus (16) in fratsongeluk dood

Deel hierdie storie / Share this story

Die 16-jarige Hanru Posthumus is Saterdagoggend tragies in ‘n fratsongeluk op sy ouers se plaas oorlede.

Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, sê Posthumus was glo besig om sy pa se jaggeweer skoon te maak.

“Hy was besig om sy pa se jaggeweer skoon te maak omdat hulle van plan was om te gaan jag,” sê Myburgh.

“Terwyl hy besig was, het ‘n skoot afgegaan. Hy is in die kop geskiet en is op die toneel oorlede.”

Myburgh sê geen vuilspel word vermoed nie.

Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, die skool waar Posthumus skoolgegaan het, het intussen ‘n plasing op Facebook gedeel waarin hulle hulle medelye uitspreek oor Posthumus se dood.

Verskeie mense betoon ook in die kommentaar op sosiale media hul medelye met Posthumus se familie.