Hybrid Rubber Bloemfontein is genomineer as een van die besighede in Bloemfontein wat die afgelope tyd ‘n baie goeie diens gelewer het.
Ruaan Brand, alleeneienaar van Hybrid Rubber Bloemfontein, sê hy en sy verloofde wat ‘n skool in Bloemfontein besit, is maar nog altyd in kliëntediens en daarom is dit vir hulle baie belangrik.
Ruaan het ‘n kind van 18 jaar oud.
Ruaan, wat Hybrid Rubber-tak in Bloemfontein in Maart vanjaar oorgeneem het, sê Hybrid Rubber bestaan al vir 21 jaar.
Hybrid Rubber maak hulle eie rubber, nie net vir dakke nie, maar selfs vir mure en plaveisels, enige dak en oppervlak, swembaddens of Khoi-damme waaraan jy kan dink.
Ruaan werk op die oomblik alleen, maar het werkers wat hom help wanneer hy groot projekte aanpak. Hy doen nie net werk in Bloemfontein nie, maar ry ook na dele van die Noord-Kaap en Wes-Kaap om projekte te voltooi. Werkers wat hom met projekte help, is gewoonlik bouers wat op kontrakbasis aangestel word.
Ruaan sê wat Hybrid Rubber spesiaal maak en laat uitstaan, is die feit dat hulle ‘n wye verskeidenheid van areas kan oordoen. Die produkte wat hulle gebruik, stel hulle ook in staat om met een applikasie ‘n projek te voltooi en nie vier keer, soos baie ander produkte, die applikasie oor te doen nie.
“Dit maak ‘n mens bly om te weet as jou kliënte gelukkig is,” sê Ruaan oor die feit dat hy as een van die beste besighede in Bloemfontein genomineer is. “Omdat ek alleen werk en ek ‘n diens gelewer het en kliënte nie ná die tyd bel om te sê hulle dak lek steeds nie, is regtig goed. Ons kry baie goeie terugvoer op plekke soos Facebook en in die moeilike tyd waarin ons almal is, met Covid-19 en die terugslag wat die ekonomie ervaar, gee dit ‘n mens hoop vir môre!”
Ruaan, wat voorheen vir 26 jaar in die restaurantbedeyf gewerk het, sê hy voel dis belangrik dat ‘n mens moet aanhou wanneer jy ‘n droom het. “Ons almal het iets waarna ons streef, of dit nou sport, musiek of dans is, dis belangrik om nie op te hou glo nie. Wie nie waag nie, wen nie!”
Ruaan vertel goeie kliëntediens is vir hom belangrik, want hy glo daarin dat besighede sonder hulle kliënte niks is nie. “Dis belangrik om na jou kliënte te luister. ‘Customer service is key’. As jy ‘n slegte naam kry, is jou besigheid daarmee heen.”



