VRYSTAAT. – ’n Driejarige seun is gered en drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat die polisie Maandag buite Bloemfontein op verdagtes toegesak het.
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die eerste verdagte (24) is in Khayelitsha buite Bloemfontein in hegtenis geneem. Die tweede verdagte (24) is Dinsdagaand omstreeks 20:30 in Khayelitsha in hegtenis geneem terwyl hy in die staat geloop het.
Inligting wat deur die polisie opgevolg is, het hulle gelei tot by ’n huis in Phomolong- informele nedersetting waar ’n derde verdagte (35) in hegtenis geneem is. Die verdagte is ook die eienaar van ’n Datsun 1400-bakkie wat glo tydens die ontvoering gebruik is.
Die span is daarna na ’n ander huis in dieselfde area, waar die kind ongedeerd gevind is. Die vierde verdagte het van die toneel gevlug voordat die polisie hom in hegtenis kon neem.
Die drie verdagtes sal Donderdag 28 Oktober 2021in die landdroshof in Bloemfontein verskyn. Die Datsun 1400-bakkie is gekonfiskeer.
LEES OOK: Man van vermoorde dominee opgespoor



