Ses dood en vier beseer in Kagiso-skietvoorval

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Vier mans en twee vroue is in ‘n skietvoorval in Kagiso doodgeskiet en drie mans en een vrou is beseer.

Brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het die skietvoorval, wat op 23 Oktober 2021 plaasgevind het, bevestig.

’n Gewapende man het glo ’n huis in die gebied binnegedring en die eienaar en sy vriendin sowel as ’n buurman geskiet. Op pad uit het hy net aanhou skiet. Die straat was besig weens ’n troue wat daar naby plaasgevind het.

Nog twee mense is op die toneel dood verklaar en twee is met skietwonde na die hospitaal gehaas.

Die polisie het ’n saak van moord en poging tot moord oopgemaak. Die motief vir die moord is nog nie vasgestel nie.

LEES OOK: Drie keer lewenslank plus 33 jaar vir verkragting en moord

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.