Gevonnis vir mensehandel en kinderpornografie

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Alaba Makonjuola Asabi (38) is op 22 Oktober 2021 skuldig bevind aan mensehandel en die besit en vervaardiging van kinderpornografie.

Hy is tot twee keer lewenslank plus ’n verdere 25 jaar gevangenisstraf gevonnis. Hy moet effektief in totaal 45 jaar tronkstraf uitdien.

Brig. Nomthandazo Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die voorval het in 2018 plaasgevind toe ’n Nigeriese man in hegtenis geneem is en twee Zimbabwiese slagoffers wat as kommersiële sekswerkers gewerk het, gered is.

Die beskuldigde het die slagoffers beheer deur hulle in ’n privaat woning toe te sluit. Dit het oor ’n tydperk van twee jaar plaasgevind voordat die vroue gered is.

Die slagoffers is suksesvol na hul land van herkoms gedeporteer.

Die beskuldigde is in die Republiek van Suid-Afrika as ‘n verbode persoon verklaar (art. 29 van immigrasiewet 13 van 2002.) Die regter het ook beveel dat die beskuldigde se besonderhede ingevolge artikel 50 van die strafregwysiging in die nasionale register vir seksuele oortreders opgeneem moet word.

LEES OOK: Kagiso-skietvoorval laat ses dood en vier beseer