SUID-AFRIKA. – Vlak twee beurtkrag sal van vanaand 21:00 tot 05:00 môreoggend geïmplementeer word.
Die beurtkrag word geïmplementeer weens ’n tekort aan kragopwekkerkapasiteit. Daar was talle probleme by verskillende kragstasies.
Dit is nodig vir reserwes om opgebou te word oor die naweek sodat krag Maandag soos normaal kan verskaf word.



