DURBAN. – ‘n Skoolbus met kinders was vanoggend omstreeks 07:40 in ‘n ongeluk met ‘n SUV betrokke.
Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê paramedici het Donderdagoggend reageer op ‘n oproep oor die ongeluk wat in Mafukuzelastraat in Ntuzuma in Durban plaasgevind het.
Volgens Herbst dui verslae aan dat die skoolbussie in ‘n ongeluk met die SUV betrokke was.
Marshall Security, Ethekwini Fire and Rescue Services, RUSA, KZN EMS, die SAPD en die Ethekwini-metropolisie was op die toneel.
Ongeveer 23 kinders het beserings in die ongeluk opgedoen.
Hulle is op die toneel behandel en na ‘n hospitaal vir verder behandeling geneem.



