NOORD-WES. – Inwoners van Leeudoringstad is al vir drie dae sonder water. Die probleem het glo weens wanbetaling deur Eskom ontstaan.
’n Inwoner van die stad het aan FiND iT gesê die water is drie dae gelede deur die nag gesny en daar is eers op noodgroepe en buurtgroepe boodskappe uitgestuur wat sê die water is gesny weens stakings in Sedibeng.
Leeudoringstad, Makwassue, Wolmaransstad en Witpoort word almal deur Sedibeng van water voorsien en is almal tans sonder water.
Die inwoner sê dit het later aan die lig gekom dat Eskom glo nie betaal is nie en die kragtoevoer na die munisipaliteit afgesny is.
“Niemand kan vir ons sê wanneer die water weer gaan aankom nie. Ons is gesê om waterkanne reg te kry.”
FiND iT het navraag by Maquassi Hills- plaaslike munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer.
LEES OOK: Karen Muir-swembad



