Piet Els-moordsaak: Verhoor begin

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die verhoor van die sewe beskuldigdes in die Piet Els-moordsaak het vandag in die landdroshof in Kimberley begin.

Morapeli Rankali (28), Motlalentwa Qhautse (37), Jabulani Wilson Zuma (61), Libeth Ndlala (56), Samson Mbokane (63), Themba Lawrence Maja (68) en Jeffrey Mahomane (44) het almal onskuldig op aanklag van moord en aanranding gepleit.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die verhoor het vandag begin.

“Vier van die verdagtes is borgtog toegestaan, terwyl drie in aanhouding bly.”

Piet Els (86) en Rikkie Alsemgeest (62), altwee bekende sakelui van Kimberley, is die aand van 23 Januarie 2018 op Els se plaas net buite Kimberley aangeval.

Els was vir sowat vier maande ná die aanval in die hospitaal voor hy aan sy beserings beswyk het.

Els en Alsemgeest was saam op die plaas toe die aanvallers toegeslaan het. Alsemgeest en Els is vasgebind en met ‘n strykyster gebrand voor die aanvallers met ‘n Mercedes Benz, ‘n 33-30 jaggeweer, ‘n pistool, drie armhorlosies, Kruger-rande en ‘n ring gevlug het.

LEES OOK: Beste kliëntediens: Parsons