December 7, 2021

Vrou doodgeskiet toe verdagtes op verjaarsdagpartytjie toeslaan

Vrou doodgeskiet toe verdagtes op verjaarsdagpartytjie toeslaan

Vrou doodgeskiet toe verdagtes op verjaarsdagpartytjie toeslaan

WES-KAAP. – ‘n Vrou is doodgeskiet en sewe ander mense in die hospitaal opgeneem ná verdagtes verby ‘n verjaarsdagpartytjie gery het en skielik op die gaste begin skiet het.

Die polisie sê ‘n 72 uur-aksieplan is begin om die verdagtes vas te trek.

“Omstreeks 20:20 het insittendes van ‘n groen Honda Ballade op gaste by ‘n verjaarsdagpartytjie in Montclair Drive Mandalay begin skiet en van die toneel gevlug.”

Agt slagoffers tussen die ouderdomme van vyf en 26 is in die hospitaal opgeneem, van wie ‘n 24-jarige vrou later oorlede is.

“Terwyl speurders inligting bymekaarmaak om die motief agter die aanval te identifiseer, vra ons die gemeenskap om na vore te kom met inligting wat met die ondersoek kan help.”

Kontak die polisie by 08600 10111.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *