December 7, 2021

Ma maak inklusiewe poppe om kinders met gestremdhede ‘aanvaar te laat voel’

Tawell het sedert sy haar besigheid in 2017 begin het, al meer as 2 000 van hierdie unieke poppe verkoop.

Ma maak inklusiewe poppe om kinders met gestremdhede 'aanvaar te laat voel' (Foto: Inspire More)

Ma maak inklusiewe poppe om kinders met gestremdhede 'aanvaar te laat voel' (Foto: Inspire More)

Die 39-jarige Clare Tawell het oral gesoek na ‘n pop met gehoorapparate vir haar vierjarige gehoorgestremde dogtertjie. Toe sy niks kon kry nie, het sy besluit om die probleem op te los en self die poppe te maak.

Vinnig is Bright Ears UK, ‘n nie-winsgewende organisasie, begin en kon Tawell op dié manier veranderinge maak aan poppe sodat die poppe kinders met gestremdhede of mediese probleme kan verteenwoordig.

Sy sê aan Today toe sy geen poppe met gehoorapparate in die hande kon kry nie, het dit vir haar gevoel asof die samelewing haar nie as belangrik ag nie.

Tawell is ‘n mediese bestralingstegnoloog en werk in haar vrye tyd aan die poppe. Haar doel is dat elke kind met gestremdhede of mediese toestande uiteindelik met ‘n pop sal kan speel wat nes hy of sy is.

Tawell het sedert sy haar besigheid in 2017 begin het, al meer as 2 000 van hierdie unieke poppe verkoop.

Kyk hier na ‘n paar foto’s van sommige van die poppe.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *