December 7, 2021

Grenadellakoek – Marlene Schoeman

Hier is ’n heerlike resep vir grenadellakoek wat Marlene Schoeman, kookboekskrywer in die Vrystaat, met ons deel.

Bestanddele:

4 ekstragroot eiers, geskei

250 mℓ (1 k) strooisuiker

125 mℓ (½ k) olie

125 mℓ (½ k) warm water

230 g (2 blikkies) grenadellapulp

2 ½ mℓ (½ t) grenadellageursel

560 mℓ (2 ¼ k) koekmeel

15 mℓ (1 e) bakpoeier

Knippie sout

Metode:

Voorverhit die oond tot 180ﹾC. Klits die eiergele en strooisuiker saam tot liggeel. Meng die olie, water, grenadellapulp en -geursel saam. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg dit by die eiergeelmengsel en roer tot goed gemeng. Voeg die vloeistofmengsel by en meng deur. Klits die eierwitte styf en vou dit in. Skep die beslag in gesmeerde koekpanne en bak dit in die voorverhitte oond – ongeveer 25 tot 27 minute vir die 20 cm-lae en 23 tot 25 minute vir die 15 cm-lae. Toets met ’n toetspen vir gaarheid. As dit gaar is, sal die toetspen skoon uitkom. Laat dit effens afkoel in die panne. Keer dit dan op draadrakkies uit om heeltemal af te koel voordat dit versier word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *