KIMBERLEY. – Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot sakeroof en moord nadat ’n verdagte vandag omstreeks 10:15 by die Monument Spar-winkelkompleks doodgeskiet is.
Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê vier verdagtes het omstreeks 10:15 die juwelierswinkel binnegegaan en hulself as klante voorgedoen.
“Hulle het juweliersware en geld van die eienaars en die winkelassistente geëis. ’n Struweling het in die winkel ontstaan en skote is afgevuur. Een van die manlike verdagtes is beseer en het buite die winkel ineengestort. Hy is later op die toneel dood verklaar.”
Die polisie het die 72 uur aktiveringsplan geïmplementeer om al die gespesialiseerde polisiehulpbronne te mobiliseer om die verdagtes aan te keer en in hegtenis te neem.
Enige persoon wat inligting oor die voorval het, kan die ondersoekbeampte, sers. Modise Moshotloa by 082 302 0407 skakel. Alle inligting word vertroulik hanteer.
LEES OOK: Vermeende rower by Spar doodgeskiet



