KIMBERLEY. – Nooddienste het hulle laatmiddag na ’n toneel waar ’n ligte vastevlerk vliegtuig net buite Kimberley in die veld op die N8 Upington-pad neergestort het, gehaas.
Pierre Lombaard, eienaar van die vliegtuig, sê die vliegtuig se enjin het ingegee soos wat hy besig was om te land.
Niemand is ernstig beseer nie.





