Van Der Boons Bakery in Bloemfontein is genomineer as een van die besighede in Bloemfontein wat in die afgelope tyd ’n baie goeie diens gelewer het.
Ons gesels met Hardy en Elisabeth Otto, eienaars van die bakkery, wat ook al meer as 35 jaar getroud is, oor hoekom dit vir hulle belangrik is om ’n goeie diens te lewer, wat dit vir hulle beteken om iets vir die gemeenskap te beteken en hulle vertel ons van Lizelle, bestuurder by Van Der Boons, wat vir beste kliëntediens genomineer is.
Van der Boons Bakery bestaan al vir meer as 60 jaar in Bloemfontein. Die patriarg van die bakkery was oupa Henk van der Boon wat twee jaar gelede oorlede is.
“Ons het die bakkery in 2007 oorgekoop en gaan sedertdien van krag tot krag,” vertel Hardy. “Ons kwaliteitdiens en ons kliënte is vir ons die heel belangrikste en ons het natuurlik die heel beste pryse.”
Hardy vertel Van Der Boons Bakery het meer as 20 werkers wat daagliks hard werk om al hulle produkte vars te bak vir die volgende dag.
Van Der Boons Bakery spesialiseer in fyngebak soos soutigheid, soetgebak, toebroodjies, “platters” en alle soorte vars broodrolletjies, beskuit, pasteie en vele ander spesialiteitsprodukte.
“Ons heerlike ‘donuts’ is ’n moet vir elke geleentheid!”
Lizelle, wat as die bestuurder wat baie goeie diens lewer, genomineer is, werk ook al sedert 2008 vir Van Der Boons.
Die bakkery is ook bekend daarvoor dat hulle verskeie organisasies wat minderbevoorregte persone help, ondersteun. “Ons staan die gemeenskap ook daagliks by met gratis kos.”
Van Der Boons is geleë in Hamilton, Bloemfontein.



