Ongeslypte diamante in Kimberley gekonfiskeer

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Ongeslypte diamante tot die waarde van R41 000 is Donderdag in Square Hill Park gekonfiskeer.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, sê die Valke se ondesoekspan vir ernstig georganiseerde misdaad en taktiese reaksie het Donderdag ondersoek en beslaglegging in verband met diamante in Square Hill Park gedoen.

Gedurende die soektog is 52.08 karaat ongeslypte diamante te waarde van R41 000 in beslag geneem.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die saak word steeds ondersoek.

LEES OOK: Vermiste man se liggaam in die Vaalrivier op Villiers gevind