Grey-skoolhoof bedank

Deel hierdie storie / Share this story

Mnr. Deon Scheepers, wat vir nege jaar skoolhoof by Grey Kollege in Bloemfontein was, het bedank.

Die skool het Vrydagoggend op sy Facebook-blad ‘n verklaring geplaas waarin van Scheepers afskeid geneem word.

Scheepers is aangestel as skoolhoof van Hoërskool Wynberg in die Wes-Kaap.

“Om die seuns op te voed, is wat ek sedert my jeug wou doen en dit is steeds my passie en doel in die lewe! Ek wil ‘n verskil maak!”

Scheepers was sedert Januarie 2013 skoolhoof by Grey-kollege. Hy is self ’n oud-Grey-leerling en was ook by ander bekende seunskole soos Hilton College en Michaelhouse betrokke.

“Vir die afgelope nege jaar was mnr. Scheepers ’n invloedryke en visioenêre leier met ’n transformerende leierskapstyl geanker in sterk Christelike waardes en beginsels,” skryf die skool. “Gedurende sy tyd by die skool, het hy hom beywer om betekenisvolle verhoudings met al die verskillende belanghebbendes by die skool en onder die Grey-gemeenskap, wat ook die alumni insluit, te ontwikkel.”

“Wynberg Hoër Seunsskool in Kaapstad se aanwins en inderdaad Grey Kollege Sekondêr se verlies!”

Lees ook: Bloemfontein Online Co. se nuutste uitgawe is hier