Noord-Kaap-Brande: Hoe Kimberley nou vanuit die lug lyk

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Na veldbrande vanaf Saterdag omstreeks 12:00 die aarde rondom Kimberley, Hopetown, Douglas en Ritchie vernietig het en steeds voortwoed, probeer dié wat deur die ramp geraak is, die stukke optel.

Piet Nieuwenhuizen, van Kimberley, het vanoggend omstreeks 08:40 op die buitelyn van die brand vanaf Kimberley na Rietpan gevlieg en ook na Modderrivier en die Griekwastad-pad. Piet beskryf die vlug in ‘n stemboodskap as ’n “skokkende 200km vlug”.

“Ons het die vuur se buitering gevlieg van Kimberley af na die Rietpan-pad toe, in ’n Oostelike rigting. Van daar het ons gevlieg aan die buitering van die vuur tot by Modderrivier en van Modderrivier af het ons saam met die vuur gevlieg tot op die vêrste punt, wat op die Griekwastad-pad was. As dit vir reg gelyk het, was dit by MW de Jager se plaas, so ‘n ent op in die pad van hom af.

“Daarna het ons aan die buitelyn van die vuur gevlieg en ons het ’n skokkende 200km vêr gevlieg. Die vêrste punt wat ons die vuur van Kimberley af gekry het, was in ’n reguit lyn van die lughawe af.

“Ongeveer 40km in die rigting Noord-Wes en ons het net so oor die 30km gedoen in die rigting Suid-Oos.

“Meeste van die dele het totaal afgebrand. Dit is eintlik net een groot brand.”

Volgens Piet brand daar nog in ’n gedeelte van ’n koppie by Tsitsikamma, maar daar is voertuie wat dit dophou. Daar is ook ’n stuk riete wat tans naby die Diskobolos-weermagbasis brand.

Kyk hier hoe die area rondom Kimberley nou vanuit die lug uit lyk. Dié foto’s is deur Charlene Smith geneem.

LEES OOK: Gebed vir vure oor die land

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.