KIMBERLEY. – Die hoof- finansiële beampte (finansiële hoof) van die Noord-Kaapse departement van gesondheid, Mosimanegape Daniel Gaborone (52), en die voormalige waarnemende hoof van die departement (HOD), Dion Theys (54), het vandag weer in die Kimberley-landdroshof verskyn. Die saak is nou na die gespesialiseerde handelsmisdaadhof oorgeplaas.
Gaborone en Theys is op 23 Augustus 2021 in hegtenis geneem, maar is op borg van R20 000 elk vrygelaat, mits hulle hille borgtogooreenkoms nakom.
Die verdagtes word daarvan aangekla dat hulle gedurende die jaar 2020 kontrakte van persoonlike beskermende toerusting (PPE’s) aan twee ondernemings toegeken het sonder om voorgeskrewe verkrygingsprosedures te volg. Die totale koste hiervan beloop R43 miljoen.
Die saak is tot 14 Oktober 2021 uitgestel, wanneer die twee beskuldigdes hul eerste verskyning in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof sal maak.
LEES OOK: Onderwyser se skoolsak gesteel, sewe klasse se toetse en merkwerk weg
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



