Mans in verdagte Polo agter tralies na hul polisieman raakry

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Twee verdagtes is vandag in Kimberley in hegtenis geneem na hulle vir die polisie probeer wegry het en in die proses ‘n polisieman raakgery het en die polisie op hulle geskiet het.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder in Kimberley, het aan FiND iT bevestig die twee verdagtes word aan ‘n reeks rooftogte in Kimberley verbind.

“Die verdagtes is omstreeks 11:55 in Longstraat naby die Towers gewaar. Hulle was in ‘n Polo met ‘n CAA-nommerplaat. Hulle het vir die polisie weggejaag en ook ‘n polisieman raakgery.”

Volgens Tawana het die polisieman se regterbeen in die proses seergekry.

Die polisie het agter die Polo aangejaag en die polisie kon hulle voorkeer na hulle op die Polo geskiet het.

Die ondersoek duur voort.