Lees ook: Brad Pitt het depressie gehad
Brad Pitt het onlangs in ’n onderhoud met Hollywood Reporter erken hy het in die 1990’s met erge depressie en dwelmmisbruik gesukkel.
LEES OOK: Keith Vermeulen-moord: Saak weer uitgestel
Dwelms vir moeilike tye
Pitt het gesê hy het dwelms gebruik om die moeilike en harde aspekte van beroemd wees te probeer vermy. Hy sê ook saam met die dwelmmisbruik het hy aan depressie gely.
“Ek sien dit as wonderlike opleiding, as een van die seisoene of ’n semester. Hierdie semester was ek depressief.”
Keerpunt vir Brad Pitt
Sy keerpunt het gekom op ’n reis na Joego-Slawië en Marokko waar hy uiterste armoede soos nog nooit tevore gesien het nie.
Brad Pitt het toe vir Bono, die hoofsanger van die groep U2, gevra om hom te help om te herstel. Daarna het hy die geleentheid gekry om sy eks-vrou, Angelina Jolie, te ontmoet en met haar ‘n band te vorm.
LEES OOK: Ouma Joan se sjokoladeklonte
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



