Bernice Vorster (41), mamma van ‘n seun (10) en ‘n dogter (13), wat vir ons kompetisie om 30 dae saam met Nicole Daamen, persoonlike afrigter van Bloemfontein, te wen, ingeskryf het, vertel wat dit vir haar sal beteken om te wen.
“Ek sal hierdie kompetisie graag wil wen, omdat ek ‘n passie vir ‘gym’ het en ek vir een maal op my beste wil lyk! Om deur een van die beste ‘trainers’ in Bloemfontein ‘getrain’ te word!”
Bernice weeg 64 kg en is 1,58 m lank.
“‘n Gesonde leefstyl is baie belangrik en so ook om goed na jouself om te sien.”
Nicole Daamen, in samewerking met Bloemfontein Online Co., bied die geleentheid vir ‘n gelukkige wenner om 30 dae se persoonlike uitgewerkte oefening en ‘n uitgewerkte eetplan te wen.
Klik hier om nou aan die kompetisie deel te neem en staan die kans om jou lyf, so kort voor die Desembervakansie, terug te kry.




