September 16, 2021

Pandemie bring kreatiwiteit uit

Sy is gebore in Kimberley en het haar matriek by Homevale high klaargemaak.

Pandemie bring kreatiwiteit uit

Pandemie bring kreatiwiteit uit

Megan Lang (23), eienaar van Krap en Kry, sê die pandemie het haar kreatief laat dink en haar forseer om haar idee vir ’n besigheid ’n werklikheid te maak.

Sy is in Kimberley gebore en het haar matriek by Homevale High gemaak.

“Ek het altyd die idee gehad, maar het na skool werk gesoek en gesukkel om werk te kry. Toe die pandemie uitbreek en familielede hulle werke verloor, het ek besluit om my idee ’n kans te gee. Ek het die geld dringend nodig gehad en nadat ek my eerste twee kliënte gehad het, het ek gesien dit is iets wat ek baie geniet en voltyds sal wil doen.”

Megan vertel sy en haar familie van sewe het baie tydens die pandemie gesukkel. Hulle het gesukkel om te oorleef en hulle krag was ook in ’n stadium geblok.

Krap en Krap is ’n besigheid wat jou tweedehandse items, wat nog in ’n goeie toestand is, namens jou verkoop.

Megan sê sy sal graag in die toekoms ’n bakkie wil koop om nuwe kliënte se goedere te vervoer en sy sal ook graag ’n Pop-Up Shop buite Kimberley wil oopmaak.

“Dit was die beste besluit wat ek nog ooit gemaak het. Dit het my familie in baie swaar tye deurgedra.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *