September 28, 2021

Beide ouers van terminaal siek seuntjie oorlede

Hy is baie swak en sy versorger moet hom badkamer toe dra.

Beide ouers van terminaal siek seuntjie oorlede

Beide ouers van terminaal siek seuntjie oorlede

Die seuntjie (10), wat met terminale leukemie in die Robert Sobukwe Mangaliso-hospitaal opgeneem is, se ouers is oorlede. Die seuntjie het ook ’n vierjarige boetie wat by Kammieskroon-kinderhuis geplaas is.

’n Familielid van die boeties, albei van Angola, het hulle glo die land ingebring.

Esté van der Merwe, van Caritas, sê dit gaan in hierdie stadium nie baie goed met die seun nie. Hy is baie swak en sy versorger moet hom badkamer toe dra.

’n Familielid, wat ook Portugees praat, is opgespoor en is op pad na die hospitaal om met die seuntjie te kommunikeer. Die seuntjie verstaan nie Afrikaans of Engels nie.

Beide die seuntjie en die versorger het met leë hande by die hospitaal aangekom en is daar op verlengde verblyf.

Esté sê daar is reeds iemand wat vir die seun nagklere en handdoeke gaan koop. Daar is steeds egter nog ’n paar goed wat beide die versorger en die seun nodig het.

Enigiemand wat hulle harte wil oopmaak en skenkings vir die seuntjie en sy versorger wil maak, kan skenkings by Caritas in Lawsonstraat 72, New Park, afgee, of alternatiewelik vir Esté by 082 572 3900 skakel.

Hier is ’n lys van benodighede:

•             Klere vir die seun (9-10 jaar)

•             Onderklere vir die seun (9-10 jaar)

•             Skoene en pantoffels vir die seun (nommer 4)

•             Klere vir die versorger (grootte medium)

•             Toiletware soos tandeborsels, tandepasta, spuitgoed, seep, waslap.

•             Eet en drinkgoed.

LEES OOK: Seun (10) wat glo op grens gevind is, terminaal siek

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *