September 19, 2021

Seun (10) wat glo op grens gevind is, terminaal siek

Beide die seuntjie en die versorger het met leë hande by die hospitaal aangekom en is daar op verlengde verblyf.

Seun (10) wat glo op grens gevind is, terminaal siek

Seun (10) wat glo op grens gevind is, terminaal siek

‘n Seuntjie (10) wat op die grens gevind is, is vreemd en alleen in die Robert Sobukwe Mangaliso-hospitaal opgeneem.

Hy is terminaal met leukaemia gediagnoseer en tans in Robert Sobukwe Mangaliso-hospitaal opgeneem.

Die seuntjie, wie se naam of foto vir sy veiligheid nie geplaas mag word nie, is vir mediese sorg van Kammieskroon-kinderhuis gebring.

Esté van der Merwe, van Caritas, sê die seuntjie is Portugees en verstaan nie Afrikaans of Engels nie. “Hy is tans saam met ’n versorger in die waakeenheid.”

Beide die seuntjie en die versorger het met leë hande by die hospitaal aangekom en is daar op verlengde verblyf.

“Die seuntjie het slegs ’n sweetpakbroek en ‘n T-hemp, maar geen skoene nie. Hy is ook heel verwilder, want hy verstaan nie die taal nie.”

Enigiemand wat hulle harte wil oopmaak en skenkings vir die seuntjie en sy versorger wil maak, kan skenkings by Caritas in Lawsonstraat 72, New Park, afgee, of alternatief vir Esté by 082 572 3900 skakel.

Hier is ’n lys van benodighede:

  • Nagklere vir die seun (9-10 jaar)
  • Klere vir die seun (9-10 jaar)
  • Onderklere vir die seun (9-10 jaar)
  • Skoene en pantoffels vir die seun (nommer 4)
  • Klere vir die versorger (grootte medium)
  • Toiletware soos tandeborsels, tandepasta, spuitgoed, seep, waslap.
  • Handdoeke.
  • Eet en drinkgoed.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *