KIMBERLEY. – Craig Jacobs (37) is vanoggend vroeg oorlede na hy 11 dae in die hospitaal om sy lewe geveg het.
Craig was werksaam by Cartrack en was vir 15 jaar met sy vrou, Nicolene Jacobs getroud. Die paartjie het twee dogtertjies.
Craig laat sy ma, pa, suster, vrou en twee dogtertjies agter. Hy was ’n bok vir sports en lief vir motorfietse, maar sy grootste liefde was vir sy familie.
Medelye en woorde van ondersteuning het sedert vanoggend vroeg aan Craig se familie op Facebook ingestroom.



