Hierdie kruie-plaatkoekies is ’n wonderlike opsie vir ontbyt. Heerlik saam met roereier en gebraaide worsies.
Maak ± 10
Bestanddele:
- 1 bondel sprietuie, fyn gesnipper
- 1 rooirissie
- 1 blik pitmielies, gedreineer
- 1 k meel
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 eier geklits met 1 koppie melk
- Vars koljander en pietersielie
- Sout en peper na smaak
Metode:
- Braai sprietuie tot sag en laat afkoel.
- Plaas meel en bakpoeier in mengbak. Meng melk en eier saam. Roer nou droë en nat bestanddele saam tot gladde deeg. Indien nodig, voeg nog melk by.
- Roer uie sowel as mielies by mengsel .
- Laastens voeg kruie, sout en peper by.
- Skep eetlepels vol in pan en bak vir 2 min. aan ‘n kant tot goudbruin. Bedien warm.
Resep ingestuur deur Chanel van Wyk.



