September 27, 2021

Drie Gauteng-leerders in een week oorlede

“Ons sielkundige-sosiale eenheid bied steeds ondersteuning aan die gesinne en mede-klasmaats van die leerders wat oorlede is.”

Die drie leerders wat oorlede is se familie en mede-leerders ontvang berading

Die drie leerders wat oorlede is se familie en mede-leerders ontvang berading (Foto: Bussinesstech)

PRETORIA.- Drie Gauteng-leerders is in een week oorlede, onder wie ‘n gr. 7-seun en ‘n gr. 10-seun aan selfdood. Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het sy meegevoel met die families betuig. “Daar is nie voldoende woorde om ons hartseer oor die verlies van ‘n kind uit te druk nie. Ons hoop dat die gesinne vertroosting sal vind in die wete dat ons ook hul verlies deel. ”

Volgens IOL het die gr. 10-leerder van die Sekondêre Skool Emadwaleni in Soweto sy eie lewe geneem na hy in ‘n stryery met sy ouers verkeer het. Die seun het homself in ‘n parkie naby sy ouerhuis gehang.

Die drie leerders wat oorlede is se familie en mede-leerders ontvang berading

‘n Seun vanaf Hoërskool Clapham in Pretoria het Dinsdag terwyl hy by die skool sokker gespeel het, begin siek voel. Die ouers is deur die skool in kennis gestel en ‘n ambulans is vir die seun ontbied. “Ongelukkig is die leerder later die aand in die Mediclinic Muelmed in Arcadia, Pretoria, oorlede,” het die onderwysowerhede gesê.

‘n Gr.-7-leerder van Laerskool PS Fourie het glo ook aan selfdood gesterf. Die leerder het glo vanaf die begin van die derde kwartaal nie skool bygewoon nie. “Ons sielkundige-sosiale eenheid bied steeds ondersteuning aan die gesinne en mede-klasmaats van die leerders wat oorlede is, ”het die Gautengse onderwysdepartement in ‘n verklaring gesê.

Lesufi sê geen gepaste woorde kan die hartseer oor die verlies van ‘n kind uitdruk nie. “Ons is diep bedroef oor hierdie ontydige dood en wil ons meegevoel betuig met al die gesinne wat hul kinders in hierdie drie voorvalle verloor het. Ons treur saam met die gesinne, vriende, onderwysers en mede-leerders van hierdie leerders.”

Lees ook:Pa kry dogter terug nadat sy sonder sy toestemming aangeneem is

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *