September 27, 2021

Britney Spears se pa eis glo R29 miljoen voor hy aftree as kurator

Rosengart het voortgegaan om te sê Jamie en sy medewerkers het reeds miljoene uit Britney se boedel geneem.

Britney Spears se pa eis glo R29 miljoen voor hy aftree as kurator

Britney Spears se pa eis glo R29 miljoen voor hy aftree as kurator

Britney Spears (39) se pa, Jamie Spears (69), wat vroeër in Augustus ingestem het om as kurator van haar sake af te tree, eis glo nou eers R29 miljoen voordat hy sy pos sal verlaat.

Britney Spears se prokureur, Mathew Rosengart, het die popster se pa aangemoedig om onmiddellik as haar kurator af te tree nadat hy hom daarvan beskuldig het dat hy sowat R29 miljoen probeer kry het as  ’n voorwaarde vir sy bedanking.

In ’n nuwe hofsaak wat Maandag 30 Augustus plaasgevind het, het Rosengart geëis dat Jamie Spears bedank as konservator, ’n pos wat hy 13 jaar, glo sonder betaling, beklee het.

Rosengart het voortgegaan om te sê Jamie en sy medewerkers het reeds miljoene uit Britney se boedel geneem.

“Die enigste eerbare, ordentlike en menslike optrede is dat meneer Spears nou moet bedank.”

LEES OOK: Faiz Mills – a love for photography

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *