September 28, 2021

KYK: Spesiale oomblik tussen nuutverkose hoofdogter en haar tannie

Lona is hard deur haar mede-leiers na die aankondiging toegejuig.

KYK: Spesiale oomblik tussen nuutverkose hoofdogter en haar tannie (Foto: Skermgreep)

KYK: Spesiale oomblik tussen nuutverkose hoofdogter en haar tannie (Foto: Skermgreep)

’n Video van ’n spesiale oomblik tussen Hoër Meisieskool Bloemhof se nuutverkose hoofdogter en haar tannie, versprei soos ’n veldbrand na dit Maandag deur die skool gedeel is.

Lona Mhanga sê sy het dit glad nie verwag om as hoofdogter aangewys te word nie.

In die video is ’n blye Mhanga baie opgewonde om haar tannie, Zizo, van die wonderlike nuus te vertel.

“Lona is hard deur haar mede-leiers na die aankondiging toegejuig en omdat die leerlinge nie by die inhuldiging was nie en dit via die uitsending in hul registerklasse gekyk het, wéér toe sy by die klas ingestap het,” skryf die skool op sy Facebook-blad oor die nuutverkose hoofdogter.

Kyk hier na die video:

Lees ook: Bloemfontein Online Co. se derde uitgawe is hier

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *