September 20, 2021

Student verkrag en verwurg nadat sy glo familie inlig oor tiener

Die familie van die student wat verkrag en verwurg is, spyt hulle het nie opgetree nie

Die familie van die student wat verkrag en verwurg is, spyt hulle het nie opgetree nie(Foto: Bussiness Tech)

KWAZULU-NATAL. – Die polisie stel ondersoek in na die dood van Thandeka Mbatha (25), ‘n Unisa-student vanaf Nongoma wat glo Sondag verkrag en toe verwurg is.

Volgens IOL was Mbatha in haar tweede jaar van studies by Unisa vir ‘n BEd-graad. Mbatha het glo ‘n byeenkoms bygewoon, maar het daarna nie weer by die huis opgedaag nie.

Die liggaam van Mbatha is Maandag in ‘n paadjie naby haar huis gevind. Qhamukile Ngcobo, Mbatha se suster, sê sy het die familie Sondag ingelig oor ‘n tiener in die omgewing wie se houding teenoor haar gewelddadig geword het.

Familie van student wat verkrag en verwurg is, spyt hulle het nie opgetree nie

“Sondag het Thandeka ons vertel van ‘n ou wat haar probleme gegee het. Sy het gesê die man het haar gejaag. Sy moes by een van die buurhuise inhardloop vir hulp. Ons het daarna geluister, maar nie opgetree nie. Nou is ons spyt. Hoekom het ons nie iets gedoen nie?” vra Ngcobo.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ‘n saak van moord word ondersoek nadat Mbatha se liggaam in Dayeni gevind is.

Die onder-burgemeester van Nongoma, Nokubekezela Xulu, sê sy is hartseer oor die voorval. In Augustus alleen het die gebied twee vroue deur geslagsgeweld verloor.

Xulu vra dat enigiemand wat inligting rakende die saak het, dit asseblief by die polisie moet aanmeld.

Lees ook: Tienermeisie vermis na sy Maandagmiddag skool toe is

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *